Unam lok kritiek uit met verbod op politieke aktiwiteite

Die Universiteit van Namibië se onlangse besluit om politieke aktiwiteite te verbied, word bestempel as ‘n belediging vir studente se regte en vryhede. ’n Interne opdrag van die universiteit se pro-visekanselier vir finansies, administrasie en hulpbronmobilisering, Ellen Namhila, het politieke aktiwiteite op alle kampusse verbied. Die leier van die LPM-jeugkommando, Junia Kaindjee, sê die opdrag is soos om petrol op die vuur van die universiteit se akademiese verval te gooi.