Grobler, Soni sal weer in Julie verskyn

Die saak van betreding en die vlieg van ‘n vliegtuig sonder die nodige toestemming teen joernalis John Grobler en die stigter van die Namibia Travel and Tourism Forum, Nrupesh Soni is in die Gobabis-landdroshof tot 22 Julie uigestel. Die kagtes hou verband met die omstrede verkoop van 23 wild-gevangde olifante aan twee dieretuine in die Verenigde Arabiese Emirate. Die twee het blykbaar ‘n hommeltuig gebruik op die wildhandelaar Gerrie Odendaal se plaas buite die dorp op 19 Februarie 2022. Grobler en Soni is vry op waarskuwing en verhoordatums sal in Julie bepaal word.