DA skop Red Suid-Afrika-toer af

Die DA-leier, John Steenhuisen, het die party se Red Suid-Afrika-toer na Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap geneem met die doel om toenemende veiligheidskwessies aan te spreek. Steenhuisen sê onlangse internasionale peilings het die stad bestempel as Suid-Afrika se gevaarlikste, en die negende gevaarlikste wêreldwyd, met die moordsyfer wat 37-persent gestyg het. Hy sê werkskepping is ‘n afskrikmiddel vir bendewerwing, en beklemtoon dit is noodsaaklik om werkloosheid landswyd aan te pak vir ‘n beter toekoms.