SA-gebore Harvard-professor van seksuele teistering aangekla

‘n Suid-Afrikaans-gebore professor aan Harvard is tans verstrengel in bewerings van seksuele teistering by die Amerikaanse universiteit. Die 77-jarige John Comaroff is met onbetaalde verlof van sy pos as professor in Afro- en Afro-Amerikaanse studies en Antropologie. Die instelling het ‘n hersiening gedoen ná drie studente se aantygings dat hy die seksuele en geslagsteisterings-beleid oortree het. Baie van Comaroff se kollegas het hom aanvanklik ondersteun, maar hul steun onttrek sedert ‘n regsgeding teen Harvard ingestel is.