Die Rooi Draak blaas in Taiwan se nek

China het die mag om Taiwan oor te neem, maar dit sal teen ‘n prys kom. Op sy eerste reis na Asië as Amerikaanse President verlede week, het Joe Biden sy sterkste waarskuwing nog aan Beijing gegee dat Washington daartoe verbind is om Taiwan militêr te verdedig in die geval van ‘n aanval van China. Biden se opmerkings, wat ‘n moontlike Chinese aanval op Taiwan vergelyk het met Rusland se inval in die Oekraïne, blyk af te wyk van Washington se dekades-oue beleid van “strategiese dubbelsinnigheid” oor die kwessie en het oënskynlik die moontlikheid van ‘n militêre botsing tussen Amerikaanse en Chinese magte geopper. Politieke kenners het voorgestel dat die VSA meer toegewyd is aan Taiwan as aan die Oekraïne. Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.

Duvenhage het ook gesê die Chinese misbruik die geleentheid met die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne…