SA-parlement sal eers oor vyf jaar herstel wees

Die speaker van die Suid-Afrikaanse parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê dit sal nog tot so veel as vyf jaar neem, voor die gebou weer in volle gebruik sal wees. ‘n Verwoestende brand het op die 2 Januarie verlede jaar by die gebou uitgebreek wat groot skade aan die gebou se binnekant en oorhoofse infrastruktuur gelaat het. Die buurland se Tesourie het laat verlede jaar 2 miljard Suid-Afrikaanse rand geallokeer vir die herstel en rehabilitasie van die geskiedkundige gebou. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt het meer.