Bejaarde man ontmoet familie van man wat hom van Nazi’s gered het

‘n  Bejaarde Belgiese man was verheug toe hy uiteindelik die afstammelinge van ‘n gesin ontmoet het wat hom weggesteek het tydens die Volksmoord. David Rossler was slegs vyf-jaar-oud toe hy en sy ma in die Tweede Wêreldoorlog gered is. Hy het nou die geleentheid gekry om Georges Bourlet se familie te bedank vir wat hul oupa in 1944 gedoen het. Die ontmoeting was in dieselfde huis in Brussel waarin Rossler en sy ma skuiling teen die Nazi’s gebied is. Rossler se seun, Lionel, het die gesin opgespoor danksy sosiale media en ‘n genealoog.