Onderwys laat vaar hofaansoek oor kos-tender

Plaaslike media berig dat die onderwysministerie sy hofsaak teen die hersieningspaneel se besluit om nie die koshuisvoedseltender toe te ken nie en die proses weer van vooraf te begin, laat vaar. Regter Boas Usiku het reeds in September verlede jaar ‘n tussentydse interdik aan die ministerie toegeken tot die hersieningsaansoek voltooi is. Maar die ministerie het nou die aansoek laat vaar. Die paneel het die toekenning van ‘n tender aan vier maatskappye ter syde gestel en gesê die proses moet weer begin word. Op die oomblik verkry die ministerie op ‘n noodbasis voedsel maar, dit wil voorkom as gevolg van sy onttrekking van die saak, sal die tenderproses weer begin.