SA onderwysers sal die week begin ent

Onderwysers en ondersteuningspersoneel by Suid-Afrika openbare en privaatskole regoor die land sal na verwagting van die week af in die ry staan om teen Covid-19 ingeënt te word. Dit volg nadat 300 000 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof, wat vir die doel geoormerk is, onlangs in die buurland aangekom het. ‘n Besending van nog 1,2 miljoen dosisse word binnekort in die land verwag. Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging dr. Angelique Coetzee sê die regering se inentingsprogram vir mense ouer as 60 verloop maar stadig en die onderwyssektor kan nie trae optrede bekostig nie. Sy stel voor dat die skole wat die ergste geraak word vir ‘n paar weke moet sluit: