Red Bull is net te vinnig: Hamilton

Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen Lewis Hamilton sê hoewel hy nie die Franse Grand Prix kon wen nie, is daar heelwat positiewe lesse uit die wedren te leer. Max Verstappen van Red Bull het weer koning gekraai, met Hamilton tweede, en Verstappen se spanmaat, Sergio Perez, in die derde plek. Red Bull het nou vir die eerste keer in die hibriedise era drie agtereenvolgende wedrenne ingepalm. Hamilton sê hulle sal hul spoed moet verbeter, want Red Bull is op die oomblik net te vinnig: