Rooies-5 verskyn vandag

Die verdere vyf verdagtes wat aangekla is saam met die voormalige Gobabis-landdros Walter Rooies Mostert sal vandag hulle eerste verskyning in die Windhoek landdroshof maak. Die Staat het op 4 Junie bekend gemaak dat die vyf verbind word met die 29 klagtes teen Mostert wat geldwassery, bedrog en dwarsboming van die gereg insluit. Dit is nie bekend presies hoe hulle na bewering betrokke is nie en waarmee hulle vandag formeel aangekla sal word nie.