SA Mineraalraad vra dringende ingryping in hawens en spoorweë

Die Mineraalraad van Suid-Afrika vra dringende ingryping om hawens en spoorweë te herstel. Die raad sê mineraal-uitvoere het weens die Covid-pandemie in die eerste drie maande van vanjaar tot sy laagste vlak gedaal. Steenkool-uitvoere het met 20 persent gedaal, van omtrent 80 miljoen ton in 2017 tot ongeveer 64 miljoen ton verlede jaar. Die raad se hoof-ekonoom, Henk Langenhoven, sê deelname uit die privaat sektor is noodsaaklik vir die bedryf van treindienste en hawe-geriewe om produktiwiteit te verhoog.