NVG: Vorige SAL-hoof is besig met pleit-ooreenkoms

Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder vir Gauteng sê die staat en die gewese raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, is besig om ‘n pleit- en vonnis-ooreenkoms te onderhandel. Phindi Mjonondwane sê Myeni beplan om skuldig te pleit op die aanklag dat sy die naam van ‘n beskermde getuie voor die Staatskapingskommissie uitgelap het. Myeni het vandag vlugtig in die Johannesburgse landdroshof verskyn in die saak oor die getuie wat net as Mnr. X bekend is.