SA manshokkiespan verloor 3-2 teen Indië

Statebondspele: Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het in die halfeindwedstryd met 3-2 verloor teen die Olimpiese bronsmedaljewenner, Indië. Dit was ʼn dapper vertoning deur ʼn span wat laas in 2002 in die halfeindwedstryd gespeel het en wat hulle nie gesteur het aan hulle meer gesoute teenstanders se reputasie nie. Uiteindelik was dit die voortreflike vaardighede van Indië, maar puik verdediging deur veral Gowan Jones in die doelhok, wat ʼn naelbytstryd opgelewer het. Dis neusie verby vir goud of silwer, maar die Proteas speel nou vir die bronsmedalje.