Katutura Ekspo gekanselleer

Die Katutura Ekspo wat vanaf 31 Augustus tot 3 September by die Sam Nujoma-stadion in Katutura in die hoofstad sou plaasvind, is gekanselleer. Die organiseerder van die Katutura Ekspo, Vezemba Katjaimo, het bevestig dat hulle nie genoeg borge kon vind nie en het dus besluit om die ekspo vanjaar te kanselleer. Hy het gesê hulle het daarin geslaag om slegs 50 000 Namibiese dollar in te samel. ‘n Fondsinsameling by ‘n gala-dinee sou op 18 Augustus plaasvind.