VN: Agt streke in Somalië kan hongersnood ondervind

Die Verenigde Nasies sê mense in agt streke van Somalië mag vanaf aanstaande maand hongersnood ondervind weens droogte en die gebrek aan bestaans-ondersteuning. Die voortgesette verlies aan vee en humanitêre bystand wat nie die mees kwesbare bereik nie, het baie mense in landelike gebiede genoop om na kampe vir ontworteldes te trek. Die direkteur van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie se Kantoor vir Noodgevalle en Veerkragtigheid, Rein Paulsen, sê Somalië benodig dringend 131,4 miljoen Amerikaanse dollar om 882 000 mense in 55 distrikte, met onmiddellike lewens-reddende ondersteuning by te staan.