SA luvaart beplan vir skadelike weerstoestande

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid sê hy werk daaraan om die land se lugvaartsektor teen skadelike weerstoestande weens klimaatsverandering te beskerm. Die owerheid sê een van die kwessies waarna hulle kyk, is om koolstofvrystellings deur stralerbrandstof te verminder. Themba Thabethe van die owerheid het tydens die Nasionale Lugvaart-beraad van twee dae in Pretoria die noodsaaklikheid beklemtoon van infrastruktuurveranderings wat vliegtuie kan help om by weerpatrone aan te pas: