Onthou van Omgewingsbeleggingsfonds se toekennings!

Die hoof uitvoerende beampte van die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, Benedict Libanda, moedig families en individue aan om gebruik te maak van die toekennings wat die fonds aan die publiek toestaan vir landbou. Hy het by ‘n informasie sessie van die regering gepraat. Volgens Libanda is dit uiters belangrik dat aansoeke volhoubaar is. Libanda verduidelik hoeveel toegeken kan word. Belangstellendes kan op die webtuiste van die fonds gaan kyk by www.eif.org.na.