SA kan nie magspeletjies bekostig nie – BLSA

Business Leadership South Africa sê politici se persoonlike magspeletjies kan nie die aandag aflei van die land se agenda vir versnelde ekonomiese herstel nie. Die Wêreld- Ekonomiese Forum sê die land se vyf grootste risiko’s is verlengde ekonomiese stagnasie; ‘n krisis in werksgeleenthede en inkomste; ineenstorting van die staat; ineenstorting van openbare infrastruktuur; en die drastiese toename in onwettige ekonomiese aktiwiteite. Die uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê om ineenstorting van die staat derde te plaas is ontstellend, veral aangesien die Forum se verslag bekend gemaak is voor die jongste vlaag aanvalle op die regbank en die Grondwet.