Toets vir malaria – dit kom soos Covid voor

Met goeie neerslae, is daar vrese vir stygende malaria-gevalle, plaaslik meer gekonsentreerd in die Noorde en elders in die streek, veral Mosambiek. Medici doen ‘n beroep op persone wat in gebiede was waar malaria voorkom om hulle dringend te laat toets. Baie malariagevalle word verkeerdelik as Covid-19 gediagnoseer omdat die twee siektes soortgelyke vroeë simptome het, insluitend koors, kouekoors, hoofpyn, moegheid en spierpyn. Dr. Richard Kamwi die voormalige minister van gesondheid en stigter van die VN se Elimin8 Teenmalaria-projek, sê dit is uiters belangrik om te toets…