Impi, na aanval deur 12 leeus, herstel heel goed

‘n Renoster-reddingsentrum in Limpopo sê hulle het ‘n spesialis-veearts, Johan Marais van Saving The Survivors, se hulp gevra met ‘n renosterwesie, Impi. ‘n Woordvoerder sê die renoster is verlede jaar in Julie deur 12 leeus aangeval. Haar dapper ma, Manala, het hulle herhaaldelik probeer verjaag om haar kalfie te red. Impi se wonde het goed genees, maar sy loop steeds mank. Daar is X-strale van haar been geneem en bevind dat sy waarskynlik geopereer moet word. Behalwe dat sy mank is, tel Impi gewig op en eet vaste kos.