SA kabinet moedig jeug aan om te stem

Die buurland se minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet moedig alle burgers, veral jongmense, aan om op 29 Mei hulle reg om te stem uit te oefen. Ntshavheni het die media ingelig oor die uitkoms van die kabinetsvergadering en die historiese belangrikheid uitgelig van die reg om te stem, wat in 1994 verkry is na jare se opoffering vir vryheid. Ntshavheni sê vanjaar se verkiesing val saam met die viering van 30 jaar van vryheid, wat ‘n geleentheid gee om na te dink oor die suksesse, en om uitdagings aan te spreek.