André-Hugo Venter gereed om in pa se Springbok-voetspore te volg

Rugby: Een van die blinkste sterre dié seisoen is die Stormers-haker André-Hugo Venter. Die 22-jarige seun van die voormalige Springbok-flank André Venter is ingesluit in die Bok-hoofafrigter, Rassie Erasmus, se belyningskamp. Die Stormers sal Saterdag in Pretoria wees vir die groot noord-suid derby teen die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap. Venter sê hy fokus net op die Bulle.