SA het hoogste getal skilpadspesies ter wêreld

Suid-Afrika huisves 13 skilpadspesies, die hoogste getal ter wêreld. Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe sê die Droëlandbewaringsprogram het pogings verskerp om hierdie bedreigde spesies in die Karoo-ekostelsel te beskerm, veral die gespikkelde dwergskilpad en die Karoo-dwergskilpad. Die vernietiging van habitat, klimaatsverandering en onwettige versameling vir die troeteldierhandel hou bedreigings in vir hulle bestaan. Ander skilpadspesies, soos onder andere die moerasskilpad, papegaaibek-dwergskilpad en die luiperdskilpad, word ook in hierdie droë streke aangetref.