Shikongo het kommer oor drank, dobbelary onder lede

Plaaslike media berig dat die Namibiese polisie-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo sy kommer drankmisbruik en dobbelary in die mag uitgespreek het. Daarom is finansiële bestuur in die lede se opleiding ingesluit. Volgens Shikongo bestee beamptes hulle salarisse kort na betaaldag op drank en dobbelary en daarom moet omvattende opleiding aangebied word. Stresbestuur vorm dus ook deel van die kursus. Shikongo het ook die min belangstelling van die wit Namibiese gemeenskap in die polisie betreur met nie een aansoek wat deur die gemeenskap ontvang is nie.