SA hef aanklokreël op, met ander aanpassings ook

Na verskeie oproepe uit talle oorde, het Suid-Afrikaanse die aandlokreël opgehef. In ‘n verklaring deur die Suid-Afrikaanse Presidensie, word daar melding gemaak van ‘n afname van 29,7 persent in Covid-gevalle. Verdere aanpassings aan die buurland se maatreëls sluit in dat 1 000 mense binnenshuis bymekaar mag kom en 2 000 in die opelug. Waar persele te klein is om die getalle te hanteer met sosiale afstand, word die 50 persent van kapasiteit reël van krag. Persele met lisensies om alkohol na 11-uur saans te verkoop, mag ook so doen. Die maatreëls is as onmiddellik van krag verklaar. Die Presidensie sê dit situasie rakende nuwe Covid-gevalle word fyn dopgehou.