As jy arm is, hou jy dalk die meevallertjie

Die Britse tak van Sanstander-bank het per abuis 130 miljoen pond, of 2,8 miljard Namibiese dollar, op Kersdag oorbetaal in dubbele uitbetalings, wat hy nou wil verhaal. Volgens die bank, was daar ‘n tegniese probleem en 75 000 betalings is twee keer gemaak. Die fondse is vanuit die bank se eie reserwes oorbetaal so daar is geen risiko vir rekeninghouers nie. Maar, die meevallertjie kan moontlik gehou word… die bank sê dat hy huiwerig sal wees om die fondse te verhaal uit rekenings waar die geld reeds bestee is, en ‘n terugbetaling die kliënt oortrokke sal maak.