Martti Ahtisaari weer opgeneem, weer met Covid

Finland se voormalige president en Nobel-vredespryswenner, Martti Ahtisaari, is in die hospitaal opgeneem nadat hy ‘n tweede keer positief vir Covid-19 getoets het. Ahtisaari het in die VN se Untag-magte in Namibië gelei tussen 1989 en 1990 om Namibië se onafhanklikheid te bewerkstellig na resolusie 435, wat in September 1978 deur die VN beslis is, op 1 April 1989 in werking getree het. Die 84-jarige bemiddelaar van internasionale konflikte het Covid die eerste keer in Maart verlede jaar opgedoen. Hy was Finland se president tussen 1994 en 2000. Ahtisaari is in 2008 vereer met die Nobel-vredesprys vir sy werk om konflikte by te lê in Namibië, Indonesië, Noord-Ierland en die Balkan-state. Omdat hy aan Alzheimer se siekte ly, het hy in September sy uittrede uit die openbare lewe aangekondig.