Junior Springbokke speel Vrydag teen Engeland in Verona

Rugby: Die Junior Springbokke kom Vrydag in Verona, Italië, teen Engeland te staan in die openingswedstryd van die onder-20 Sesnasies-somerreeks. Die Baba-bokke het gister in die land aangekom en vandag weer begin oefen. Dit sluit in gimnasiumwerk, beplanning en veldoefening. Die kapteins-oefening vind môre plaas. Die hoofagrigter, Bafana Nhleko, sê die spelers is opgewonde en verwag ‘n taai wedstryd teen Engeland. Dit sal hulle eerste oorsese kragmeting in drie jaar wees, ná die ontwrigting van die Covid-19-pandemie.