Meer as 50% Europeërs kan Omikron-variant kry

Meer as die helfte van die mense in Europa loop gevaar om die volgende twee maande die Omikron-variant van Covid-19 op te doen as infeksies teen die huidige koers voortgaan. Die streek-direkteur van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Hans Kluge, het gewaarsku dat die Omikron-variant ’n wes-na-oos golf veroorsaak wat regdeur Europa kan strek. Die WGO se Europese streek bestaan uit 53 lande en gebiede wat verskeie in Sentraal-Asië insluit. Die Omikron-variant word reeds in 50 van dié lande aangetref.