SA ekonomiese kenner reageer op die 2022 Wêreldrisiko-verslag

‘n Suid-Afrikaanse ekonomiese kenner het gereageer op die 2022 Wêreldrisiko-verslag waarin die grootste gevare vir die mensdom onthul is. Omgewingsrisiko’s word beskou as een van die vyf langtermyn-bedreigings vir die mensdom. Die drie ernstigste gevare is die mislukking van optrede teen klimaatsverandering, uiterste weerstoestande en ‘n verlies aan bioverskeidenheid. Dit is aangekondig met die bekendstelling van die Wêreld Ekonomiese Forum se 2022 Wêreldrisiko-verslag. Professor Jannie Rossouw, ekonoom aan die Sakeskool van Wits in Johannesburg, het sy mening hieroor so aan Kosmos 94.1 Nuus opgesom.