MTC: Namibiese atlete moet vergoed word

MTC se bestuurder van korporatiewe sake, John Ekongo sê die tyd het gekom vir sportadministrateurs om te besef dat atlete vergoed moet word. Hy het dit gesê toe die nasionale mans- en vroue-veldhokkiespanne gegroet is voor hul vertrek na Accra in Ghana om aan die Hokkie se Afrikabeker van Nasies vanaf 17 tot 23 Januarie deel te neem. Ekongo het gesê passie alleen is nie genoeg wanneer atlete aan kontinentale of wêreldkampioenskappe moet deelneem nie.