SA-ekonomie sukkel steeds met Covid-impak

President Cyril Ramaphosa sê die Covid-19-pandemie het ekonomiese aktiwiteit in die buurland onderdruk, globale voorsieningskettings ontwrig en ongelykheid vererger. Hy het by die bekendstellings-webinaar van die Oxford Handbook of the South African Economy gepraat. Die handboek van 47 hoofstukke sit die land se geskiedenis, politieke ekonomie en belangrike uitdagings uiteen. Ramaphosa sê alhoewel die land se ekonomie verlede jaar met 4,9 persent uitgebrei het, word die gevolge van die pandemie steeds deur die ekonomie en samelewing gevoel: