Polisie wel betrokke by plaasmisdaad, maar dis die uitsondering

Die Landbou Werkgewersvereniging het gereageer op die Namibiese polisie van die Erongo-streek wat oor die naweek met boere van die streek ‘n vergadering gehou weens die toenemende veediefstal-krisis. Voorkomende en persoonlike veiligheidsmaatreëls is met die boere van Uis, Okombahe, Omatjete, Spitzkoppe, Usakos and Tubusis bespreek. Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie sê die vergadering was ‘n sukses, maar daar is aantygings gemaak oor lede van Nampol wat betrokke is en ‘n ondersoek moet gedoen word. Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.