Fredricks-moord: Nog twee vas, geen borg vir aangeklaagdes

Die twee 18-jarige verdagtes in die gru-moord op die trans-vrou Christof Fredricks, Elias Namwandi en Mervin Lele Beukes, is borgtog geweier in die Katutura-landdroshof. Die saak is uitgestel tot 31 Julie. Namwandi en Beukes is aangekla van moord, regsverydeling en lykskending. Fredricks se lewelose liggaam is in Windhoek se Otjomuise-omgewing ontdek, met sy private dele verwyder en op sy bors geplaas. Intussen is nog twee verdagtes, albei vroue, in hegtenis geneem in verband met die moord. NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê hulle is vermeende medepligtiges in die moord. Hulle het na bewering die klere van die verdagtes verbrand in ‘n poging om bewyse te vernietig. Een van die vroue is ‘n suster van Namwandi.