Ons herdenk Cassinga, waarom nie volksmoord?

Namibië het Saterdag Cassinga-dag herdenk met ‘n openbare vakansiedag ter herinnering van die honderde vroue, kinders en mans wat op 4 Mei 1978 by die SWAPO militêre kamp in die dorp Cassinga in Angola gesterf het. Namibiërs het na sosiale media gestroom om te vra waarom die sowat 80 000 Ovaherero- en Nama-mense wat in die Duitse volksmoord gesterf het, nie ook met ‘n openbare vakansiedag herdenk word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sima Luipert, ‘n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, wat op die publiek se kommer reageer het.