Nam-veteranevereniging loop deur onder ouditeur-generaal

Terwyl belastingbetalers jaarliks miljoene bestee om die Namibiese Nasionale Bevrydings-veteranevereniging aan die gang te hou, blyk daar min aanspreeklikheid van die vereniging te wees as na sy onlangse geouditeerde verslag gekyk word. Die verslag is deur minister van finansies, Ipumbu Shiimi, in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê vir ondersoek. In die verslag het die ouditeur-generaal Junias Kandjeke, die vereniging ‘n negatiewe mening gegee, wat beteken dat die vereniging se finansiële state wanvoorgestel is en nie sy finansiële prestasie akkuraat weerspieël nie. Kandjeke het ‘n verskeidenheid onreëlmatighede in die finansiële state uitgewys.