Buitelandse skuld tans 17,21% van BBP, sal styg: IMF

Namibië is op die sesde plek onder Afrikalande met die minste eksterne skuldlas, volgens die jongste data van die Internasionale Monetêre Fonds. Die IMF-data toon dat Namibië se buitelandse skuld vanjaar 17,21 persent van sy totale BBP beloop. Namibië se buitelandse skuld sal na verwagting tussen vanjaar en 2029 met 54,77 miljard Namibiese dollar toeneem en teen 2029 sowat 224,32 miljard dollar bereik. Die regering het 12,8 miljard dollar opsy gesit om skulddiensverpligtinge in die huidige boekjaar na te kom. Ekwatoriaal-Guinee het die laagste buitelandse skuldlas onder Afrika-lande, teen 8,23 persent van die BBP. Botswana het buitelandse skuld van 9,13 persent van sy BBP. Zimbabwe het die hoogste buitelandse skuldlas op hierdie lys, teen 20,28 persent van BBP.