IPPR takel korrupsie in olie-, gas-, groenwaterstof-bedrywe

Lüderitz sal die episentrum vir Namibië se nuwe olie-, gas- en groenwaterstofbedrywe wees. Daar is egter kommer oor moontlike korrupsie en hoe daar verseker kan word dat Namibiërs in die algemeen voordeel trek uit die ontwikkelings. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, bied môre ‘n Streeks-teenkorrupsie konferensie by die Lüderitz Waterfront-ouditorium aan. Dit sal bestuursrisiko’s in olie, gas en groen waterstof, openbare verkrygingsuitdagings, en die gebruik van die Wet op Toegang tot Inligting teen korrupsie aanpak. Dit sal ook die vorming van ‘n wydlopende anti-korrupsiebeweging in Namibië ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Graham Hopwood, die direkteur van die instituut, oor die belangrikheid van die konferensie.