SA adjunk-president vrygespreek op onregmatige verkryging van ampsmotors

Die kantoor van die Openbare Beskermer in Suid-Afrika het opdrag gekry om inligting oor ‘n verslag uit te reik wat adjunk-president David Mabuza vryspreek van onregmatige verkryging toe hy nog premier van Mpumalanga was. Die kantoor het in 2019 die aankoop van vier ampsmotors vir Mabuza ondersoek. Die verslag het gewys die voertuie is onwettig aangekoop, maar Mabuza was nie betrokke nie. Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die opdrag is ‘n belangrike oorwinning vir deursigtigheid en aanspreeklikheid. Die woordvoerder, Stefanie Fick, het die bekendmaking van die dokumente versoek.