Twaalfjarige laat verkeersligte met sonkrag werk

Die 12-jarige Linamandla Manana van Laerskool Grey in Gqeberha in die Oos-Kaap, was moeg om te sien hoe mense tydens beurtkrag in ongelukke sterf omdat verkeersligte nie werk nie. Dis een van die redes waarom hy besluit het om navorsing te doen oor hoekom verkeersligte net met elektrisiteit werk. Die graad 6-leerder het uitgevind hoe verkeersligte met sonkrag kan werk. Hiermee het hy ‘n prys gewen vir die beste energie-projek by die Oos-Kaapse Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes.