Unam Cares Covid-inentingskliniek môre op Hentiesbaai

Die Unam Cares Covid-inentingskliniek is slegs vir een dag môre op Hentiesbaai by die gemeenskapsaal vanaf tien-uur die oggend tot vier-uur die middag oop. Inentings van slegs eerste dosisse van die entstowwe  Sinopharm en AstraZeneca is beskikbaar. Die vise-kanselier van die Universiteit van Namibië, prof. Kenneth Matengu, nooi alle Namibiërs, bejaardes, en mense met gestremdhede ingesluit, om die inentingskliniek te besoek.