S-Korea kry dalk verbod op hondevleis

As Suid-Korea se president sy sin kry, sal die land binnekort ’n verbod teen die eet van hondevleis instel. President Moon Jae-in het sy premier, Kim Boo-kioem, gevra of dit nie tyd is om so ’n verbod te oorweeg nie. Die eet van hondevleis is ’n tradisionele gebruik in Suid-Korea, waar sowat een miljoen honde elke jaar geëet word. Al hoe meer mense begin egter nou om honde eerder as troeteldiere aan te hou. Moon het self ’n hele paar honde as troeteldiere. Die eet van hondevleis is ietwat van ’n taboe onder die jonger generasie in Suid-Korea.