Beroep op Laundrie gedoen om na vore te tree

Owerhede in die VSA is steeds opsoek na Brian Laundrie, die verloofde van Gabby Petito wat dood in ‘n nasionale park in Wyoming aangetref is nadat sy vermis deur haar familie aangemeld is. Laundrie het na ‘n vakansie op 1 September sonder haar by die huis aangekom. Berigte lui dat die Laundrie familie, waar Petito ook gewoon het, toe saam met hulle seun gaan kamp het. Hy het voor hy verdwyn het na Gabby se oorskot gevind is, geweier om met owerhede te praat. Die prokureur van die Petito-familie, Richard Stafford het ‘n beroep op Laundrie gedoen om homself te oorhandig.