NSFAF moet nie ontbind word nie, maar is onvolhoubaar ook

Die Namibiese regering is aangeraai om nie die studente hulpfonds te ontbind nie en ook nie by die ministerie van hoër onderwys te integreer nie, omdat dit die fonds ondoeltreffend sal maak. Die voorstel is reeds in 2018 in ‘n verslag wat deur die ministerie aangevra is, vervat. Die navorsing toon dat die fonds, wat ‘n miljard Namibiese dollar jaarliks ontvang, nie sy verpligtinge nakom nie en ook nie die vermoë het om uitstaande terugbetalings in te vorder nie. Meer as 70 persent van studente by NUST se studies word deur die fonds betaal en ongeveer 30 persent van die studente skop op. Daar is ook bevind dat die fonds in sy huidige vorm onvolhoubaar is. Die Namibiese minister van openbare ondernemings Leon Jooste sê die kwessie oor die ontbinding van die fonds het nog nie die kabinet bereik nie.