Russiese minister van buitelandse sake: Samesprekings tussen Putin en Zelensky sal teenproduktief wees

Die Russiese minister van buitelandse sake het vandag gesê regstreekse samesprekings tussen die Russiese President Vladimir Putin en Oekraïne se President Wolodimir Zelensky sal “teenproduktief” wees. Minister Sergei Lavrov sê die enigste ding wat Putin as fundamenteel belangrik ag, is vir hierdie vergaderings om goed voorbereid te wees. Hy sê die huidige krisis broei al so lank en baie probleme het opgebou, dus sal ‘n ontmoeting net om menings uit te ruil, nou teenproduktief wees. Zelensky en Putin het nog net een keer ontmoet, tydens samesprekings in Parys in 2019.