Seisoenale werkers vra vir beter werksomstandighede op wynplase

Die Women on Farms-projek doen ‘n beroep vir beter werksomstandighede vir seisoenale plaaswerkers in die Wes-Kaapse Wynland-distrik. Die woordvoerder, Kara MacKay sê hul lys van eise wat aan Distell Wynprodusente oorhandig is, sluit die hersiening van lone vir die werkers in. MacKay sê boere vra vir ‘n leefbare loon in plaas van die minimumloon. Werkers wil nie meer hê hul lone moet afhang van die aantal druiwekratte wat hulle in die oesseisoen pak nie.