SA Mededingingskommissie ondersoek varsproduktemark

Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika het ‘n openbare ondersoek van stapel gestuur oor die varsproduktemark. Dit is om vas te stel of kenmerke van sy waardeketting mededinging verminder, voorkom of verdraai. Die kommissie se woordvoerder, Sipho Ngwema, sê die ondersoek fokus op besondere kwessies op elke vlak van die waardeketting, insluitend die verkope van varsprodukte deur boere aan klante. Ngwema sê hulle is van mening die ondersoek is noodsaaklik om die stand van mededinging in die bedryf te bepaal, asook markprys-uitkomste en uitdagings wat boere in die gesig staar.