Russiese minister dood toe hy rolprentmaker wou red

‘n Russiese minister word as ‘n held geloof nadat hy gesterf het terwyl hy probeer het om ‘n rolprentmaker in die Arktiese sirkel te red. Yevgeny Zinichev was minister vir noodgevalle in President Vladimir Putin se kabinet. Die 55-jarige was in die stad Norilsk vir inter-departementele opleiding om die streek teen noodgevalle te beskerm. Die rolprentmaker, wat ook dood is, is uitgeken as die 63-jarige Alexander Melnik, wat verskeie rolprente in die gebied gemaak het. Zinichev is die eerste Russiese kabinetsminister om aan diens te sterf.