Swartbooi, Seibeb skuldig aan wangedrag

Die twee leiers van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb is skuldig bevind aan wangedrag na die chaos op 15 April na President Hage Geingob se staatsrede. Die parlementêre staande komitee wat die kwessie verhoor het, het voorgestel dat die twee lede wel gestraf word maar het bygevoeg dat hulle nie verder geskors moet word nie. Die twee het reeds die hof genader om weer toegang na die kamer te verkry wat uiteindelik in die hooggeregshof op appèl toegestaan is.